Amerikaanse Withuis dreig met afdankings tydens regeringsluiting

Lees ook :

Amerikaanse Withuis dreig met afdankings tydens regeringstilstand fotokrediet: Canva

VSA. – Die Withuis het gedreig om federale werkers binne twee dae te begin afdank tydens ‘n regeringsluiting wat gister begin het. Honderdduisende federale werknemers word in die geval van ‘n regeringsluiting huis toe gestuur.

Lees ook: Gasa-flottielje deur Israeliese vloot gekeer

Die sluiting het begin nadat Republikeine en Demokrate in die regering nie teen middernag ‘n dooiepunt oor die begroting kon oplos nie.

Die Republikeine en Demokrate blameer mekaar vir die sluiting en die vise-president JD Vance en perssekretaris Karoline Leavitt het gesê die Demokrate “speel politieke speletjies”.

Leavitt het gesê massa-afdankings kan binne twee dae plaasvind en het gesê “die Demokrate het ons in hierdie posisie gesit”.

Chuck Schumer, Demokraat in die Senaat, het die Republikeine daarvan beskuldig dat hulle die Demokrate boelie om die begroting te moet aanvaar.

Demokrate wil waarborge oor gesondheidsbefondsing hê voor hulle instem tot ‘n uitgaweplan, terwyl Republikeine ‘n tydelike stop-gap-maatreël wil gebruik om die regering tot middel November met befondsing op die huidige vlak oop te hou.

Daar sal na verwagting weer Vrydag vir die korttermyn-befondsingswet soos deur die Republikeine voorgestel, gestem word.

Bronne: BBC, The Independent, USA Today

Lees ook: Gasa-flottielje deur Israeliese vloot gekeer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief