Meer as 38 900 tydelike invoerpermitte is reeds uitgereik vir buitelandse voertuie wat Suid-Afrika binnekom. Vanaf 1 Junie moet alle reisigers wat Suid-Afrika binnekom of verlaat ‘n aanlyn doeaneverklaring indien en enige buitelandse voertuie op die SA-inkomstediens (SAID) se nuwe digitale sisteem verklaar.
Die permit laat toe dat ’n buitelandse voertuig vir tot ses maande wettig in Suid-Afrika gebruik kan word, sonder koste vir die aansoek of verklaring. Dit vorm deel van die SAID se nuwe digitale Traveller Declaration System om grensbeheer te moderniseer. Dr. Johnstone Makhubu, SAID-kommissaris, het Maandag gesê die wetlike vereiste om alle goedere en voertuie te verklaar, is reeds in Suid-Afrikaanse wetgewing vasgelê en geld vir alle buitelandse voertuie.
Reisigers kan hul goedere en voertuie vooraf deur die SAID-webwerf of MobiApp verklaar en ’n verwysingsnommer ontvang vir gebruik by die grens. Die SAID sê die stelsel is bedoel om verwerking vinniger en eenvoudiger te maak, terwyl bystand steeds by grensposte beskikbaar is vir dié sonder toegang tot die aanlyn stelsel.
Druk hier om meer te lees.





