Brekende Nuus
Afrikaans

ANC, ander partye en organisasies wil Jhb-burgemeester uit pos verwyder

Kabelo Gwamanda

fotokrediet: Skermgreep
Kabelo Gwamanda fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Joe Biden onttrek uit presidensiële resies

JOHANNESBURG. – Die ANC in Gauteng wil die Tshwane- en Johannesburgse burgemeesters uit hulle poste verwyder.

Daar is ‘n plan om ‘n mosie van wantroue teen Cilliers Brink, die Tshwane-burgemeester, te bring en die partye wil Kabelo Gwamanda, die Johannesburgse burgemeester, ook verwyder.

Die party is besig om met ander politieke partye te onderhandel en wil Dada Morero weer die burgemeester maak.

Verskeie organisasies eis Gwamanda moet bedank oor die onstabiliteit, watertekorte, die ekstra koste van elektrisiteit en kragvermindering.

Bronne: eNCA, IOL, BusinessTech

Lees ook: Joe Biden onttrek uit presidensiële resies