VK. – Die metropolisie in die VK het gesê “geen verdere aksie” sal teen Andrew Mountbatten Windsor geneem word oor bewerings dat hy sy polisielyfwag vir inligting oor sy beskuldiger gevra het nie.
Lees ook: Polisie ondersoek bewerings dat prins Andrew inligting by polisie oor Giuffre wou bekom
Daar was bewerings in Oktober dat Andrew in Februarie 2011 Virginia Giuffre se geboortedatum en sosiale sekuriteitsnommer vir sy beskermingsbeampte gegee het om inligting oor haar te kry. Hy het glo vir die inligting gevra die dag voordat ‘n foto van hulle saam geplaas is.
Die metropolisie het Saterdag gesê hulle ondersoek het “geen verdere bewyse van kriminele misdrywe gewys nie” en dat geen verdere aksie geneem sal word nie. Nuwe, relevante inligting sal geassesseer word indien dit beskikbaar word”.
Bronne: BBC, PEOPLE, The Independent
Lees ook: Polisie ondersoek bewerings dat prins Andrew inligting by polisie oor Giuffre wou bekom





