Veiligheid na aanval op strand opgeskerp

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Veiligheid is op strande in die Mosselbaai-omgewing opgeskerp nadat ‘n vrou Vrydagoggend omstreeks 05:15 op Diasstrand met ‘n mes gesteek is.

Sers. Christopher Spies sê aan Nuusflits dit is ‘n geïsoleerde voorval wat as ernstig gesien word. Hy bevestig voorts die Da Gamaskop-polisie, Mosselbaai-wetstoepassingsagentskappe, buurtwag-vrywilligers en Community in Blue-vrywilligers, asook plaaslike veiligheid, het patrollies gedurende sekere tye op die strand opgeskerp.

Na bewering het twee slagoffers op die strand gestap toe hulle deur twee verdagtes oorval is. Die slagoffers is met messe gedreig, waartydens een aangerand is. Die verdagtes het met selfone van die toneel gevlug.

Spies sê speurders ondersoek ‘n roofsaak en is op soek na die verdagtes. Enigiemand met relevante inligting word gevra om konst. Jan Hendrik Els by 082 469 7583 te bel.

“Ons doen ‘n beroep op die publiek om enige verdagte aktiwiteit of persone te rapporteer aan diegene wat vir die feestyd ontplooi is. Die veiligheid van besoekers en ons gemeenskappe is gedurende hierdie tydperk van uiterste belang en die zero tolerance-benadering wat aangepak is sedert die bekendstelling van die Veiliger Feesseisoen-bedrywighede sal gehandhaaf word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief