WES-KAAP. – Die polisie bied ’n beloning van tot R50 000 aan vir inligting wat kan lei tot die veilige terugkeer van die 8-jarige Anovuyo Oncke, wat sedert 7 September 2025 vermis is.
Thembakazi Mpendukana, polisiewoordvoerder, sê Anovuyo het op 7 September 2025 in Riemvasmaak, Phumlani Village, gaan speel en nooit teruggekeer huis toe nie. Die Wynberg-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdaad volg alle beskikbare leidrade op in ’n poging om die kind met haar familie te herenig.
Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help of wat weet waar Anovuyo haar bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, speur.sers. Julian Zeederberg, by 082 334 8348 of 0271 799 1315 te bel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: