Anti-regeringsbetoging in Marokko eis 2 lewens

Lees ook :

Anti-regeringsbetoging in Marokko eis 2 lewens fotokrediet: X

MAROKKO. – Twee mense is gister deur die polisie doodgeskiet tydens ‘n anti-regeringsbetoging in Marokko. Die polisie het geskiet op ‘n groep mense wat ‘n polisiestasie in Leqliaa met messe bestorm het.

Lees ook: Betogings in Nepal eis 25, ook vrou van voormalige eerste minister

Volgens die polisie het hulle uit selfverdediging geskiet, maar ‘n ondersoek aangaande die skietery is onderweg.

Die betoging wat deur die gebruik van die internet deur Gen Z’s (jongmense tussen die middel-90’s en vroeë 2010’s gebore) gereël is, gaan al vyf dae aan met die jeug wat sogenaamde korrupsie veroordeel. Die betogers het beter gesondheid, opvoeding en aksie teen korrupsie geëis. Volgens die minister van binnelandse sake in Marokko is 400 mense is in hegtenis geneem en byna 300 is beseer.

Soortgelyke anti-regeringsbetogings het vroeër die week in Madagaskar uitgebreik en verlede maand in Nepal.

Bronne: All Africa, BBC, The National

Lees ook: Betogings in Nepal eis 25, ook vrou van voormalige eerste minister

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief