Apple in die sop oor Siri glo gebruikers afluister

Lees ook :

Apple in die sop oor Siri glo gebruikers afluister fotokrediet: Canva

Lees ook: Chinese met 12 goudstawe in hegtenis in Republiek die Kongo

VSA. – Apple moet moontlik $95 m. in ‘n skikking betaal na ’n hofsaak waarin beweer is Siri het gebruikers se privaat gesprekke afgeluister en opgeneem sonder hulle toestemming of kennis.

Die skikking, wat op 31 Desember in Kalifornië ingedien is, moet eers deur ’n regter goedgekeur word voor dit amptelik is.

Apple het enige oortreding en aanspreeklikheid ontken.

Die skikking is deel van ’n hofsaak wat vyf jaar gelede teen Apple gebring is waarin mense beweer het hulle privaat gesprekke is deur Siri opgeneem sonder dat die gebruikers Siri aangesit het. Van die opnames is later met derde partye, insluitend adverteerders, gedeel.

Bronne: TechWorm, The Hacker News, USA Today

Lees ook: Chinese met 12 goudstawe in hegtenis in Republiek die Kongo

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief