VRYSTAAT. – ‘n Vrou (47) wat voorheen in ‘n apteek in Welkom gewerk het, is op aanklagte van bedrog van meer as R120 000 gearresteer.
Kapt. Loraine Earle sê ‘n oudit is by die apteek gedoen waarna die bedrog, wat glo tussen 18 Maart 2017 tot 16 Maart 2023 gepleeg, ontdek is. Die apteek het ‘n verlies van geld en voorraad gehad, waarna ‘n saak van bedrog geopen is.
Earle sê ‘n ondersoek is deur die provinsiale kommersiële misdaadeenheid gelei, waarna die dossier vir beslissing na die senior staatsaanklaer oorhandig is.
Die vrou is aangekla en gewaarsku om op 3 Maart in die Welkom-landdroshof te verskyn.