Arrestasielasbriewe vir gesoekte moordverdagtes uitgereik

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP. – Arrestasielasbriewe is vir Bafana Chiliza (24), Nkosiyazi ‘Dipopoz’ Maphumulo (28), en Siphiwo ‘Spijojo’ Jejane (35) vir beweerde betrokkenheid by die moord van die lyfwag van die visekanselier van die Fort Hare-universiteit uitgereik. Die drie bevind hulle moontlik in KwaZulu-Natal of in die Oos-Kaap.

Brig. Athlenda Mathe sê Mboneli Vesele het op 6 Januarie 2023 in sy voertuig buite die visekanselier se huis gesit waar hy deur drie verdagtes in ‘n maroenkleurige voertuig vermoor is. ‘n Moordsaak is by Alice-polisiestasie geopen.

“‘n Intensiewe ondersoek deur die nasionale taakspan wat politiek-verwante sake ondersoek, het positiewe resultate opgelewer toe hulle 10 verdagtes, insluitend drie universiteitswerknemers wat vermoedelik agter die komplot sit, in hegtenis geneem het. Daar is vermoed dat die verdagtes die hele misdaad georkestreer het sodat veiligheidstenders toegeken moet word. Die 10 beskuldigdes kom steeds in die hof voor.”

Enigiemand wat weet waar die verdagtes hulle bevind, kan AO Nkosi by 082 557 5789, sers. Mokoena by 081 851 7758 en sers. Khorommbi by 063 695 8590 bel. Inligting sal vertroulik hanteer word en kan anoniem gegee word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief