Deur Helene Meissenheimer vir Kerkbode
Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat voorkeur gegee word vir (net wit?) Afrikaanse boere (ook net hulle?) om vir vlugtelingstatus aansoek te doen by die VSA?
In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson asook Oos-Kaapse kerkleier, ds Danie Mouton, wat ook by interessante inisiatiewe betrokke is wat versoening en samewerking oor ras- en kerkgrense bevorder.
Ons kyk na hoe ons praat oor die mense wat wel Amerikaans vlugtelingstatus ontvang sowel as die uitdagings wat dit skep vir gesprekke plaaslik. Soos Kerkbode se oud-redakteur noem, “aan die een kant het ons te doen met mense wat keuses gemaak het en wie se toekoms onseker is met wie Jesus ons leer om deernis te hê … aan die ander kant is daar ’n politieke spel waarin daar ’n klomp leuens vertel word en hierdie mense is daarin vasgevang”.
Luister en kyk ook : Podsending | Hoe praat ons oor slagofferskap? – Kollig gesels met Schalk van Heerden en Ivor Swartz
Een van die vrae op die tafel is die impak wat hierdie stand van sake het op ons verhoudings met mede-Suid-Afrikaners wat uit ander kultuurgroepe kom.
En ons hoor van die hoop wat stories vanuit die kerk kan bied wat vertel van koalisies wat gebou word en regkry om mense bymekaar te bring en saam hulle omgewing te verander.
Hoofstukke:
01:47 Deernis nodig met mense se keuses
04:18 Dilemma van net een groep wat uitgesonder word
06:36 Alle Suid-Afrikaanse burgers kan slagoffers wees
11:33 Versigtig vir ’n herleef van die kokon van Afrikaner-nasionalisme
13:13 Kuns is om koalisies te bou
15:50 Meer stories nodig oor samewerking
14:07 Die volg van Jesus se voorbeeld
20:55 Meer stories nodig van God se genade wat deur die kerk vloei na buite
23:13 Wat ons land nodig het van die kerk
Vriende van Kerkbode
Beskerm gratis, betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld. Jou ondersteuning dra by tot meer konstruktiewe godsdienstige diskoers in die kerk. Wees gerus dat jou bydraes met sorg aangewend word tot die voortsetting van betroubare kerknuus.
Kliek hier en word vandag ’n vriend van Kerkbode.
Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.