Australiër met kunshart na 100 dae ontslaan

Lees ook :

Foto: St. Vincent's Hospital Sydney

AUSTRALIë. – ‘n Man van Nieu-Suid-Wallis is die eerste in die wêreld om met ‘n kunsmatige hart van titanium na 100 dae uit ‘n hospitaal ontslaan te word. Hy het intussen ‘n skenkerhart ontvang.

Die man in sy 40’s het die ses uur inplanting in November in die St. Vincent-hospitaal in Sydney ondergaan. Voordat hy met sy nuwe hart ontslaan is, was hy vir weke in die intensiewesorgeenheid, voordat hy nog weke lank in ‘n algemene saal waargeneem is. Hy het vroeg in Maart ‘n skenkerhart ontvang en dit maak hom die persoon wat die langste met ‘n kunsmatige hart vir ‘n skenkerhart gewag het.

Die titanium kunsmatige hart wat deur Bivacor ontwerp is, is om pasiënte aan die lewe te hou terwyl vir ‘n skenkerhart gewag word. Dit gebruik ‘n pomp om hartfunksies te verrig. Dr. Taniel Timms, die uitvinder van die hart, het gesê hy is trots op die vordering in tegnologie.

Dr. Paul Jansz van St. Vincent-hospitaal het gesê dit is vir hom ‘n voorreg om deel van die operasie te kon wees, aangesien hartversaking elke jaar byna 5 000 Australiërs se dood veroorsaak.

Foto: Bivacor

Bronne: 9 News, St. Vincents Hospital Sydney, Bivacor en CNN

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief