OOS-KAAP. – Luhle-Lunje Mdingi, 16 mnde. oud, het Woensdag aan ‘n skietwond in Motherwell gesterf, waarna die verdagte hom in die teenwoordigheid van sy prokureur aan die polisie oorgegee het. Die verdagte verskyn vandag in die hof.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die Motherwell-polisie is vir ‘n moordklag na Motherwell Health Centre ontbied. Met aankoms is hulle ingelig die baba het weens ‘n skietwond gesterf. Na bewering het die baba se suster met hom in Sakhwatzhastraat gestap en die verdagte met ‘n vuurwapen opgemerk. Dit is onduidelik wat gebeur het, maar ‘n skoot is glo geskiet, waarna sy gesien het die baba bloei. Daar is met hom na die mediese sentrum gehaas, maar hy is met aankoms dood verklaar.
Die polisie ondersoek die moord.





