Baba en kleuter doodgebrand – paar gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Paartjie, onderskeidelik 23 en 25 jaar oud, is deur die Reitz-polisie gearresteer nadat ‘n babameisie (7 mnde.) en ‘n kleuterseun (1 jr. en 6 mnde.) glo Saterdagaand alleen tuis gelaat is en doodgebrand het.

AO Mmako Mophiring sê die paar van Petsana- informele nedersetting het die kinders na bewering omstreeks 22:45 alleen in ‘n shack gelos en gaan drink. Terwyl hulle gekuier het, is hulle ingelig hulle shack brand. Terug by die huis het hulle lede van die gemeenskap en die polisie aangetref. Daar is vasgestel die kinders was alleen in die shack. Beide het onherkenbaar verbrand.

Mophiring sê die oorsaak van die brand is onbekend, maar die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek en ‘n saak van kinderverwaarlosing oopgemaak. Die paar is aangekla en sal na verwagting vandag in die Reitz-landdroshof voorkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief