SUID-AFRIKA. – Aktrise Simoné Pretorius het die naweek op haar Instagram-blad foto’s van haar amper maand oue seuntjie James gedeel. Daarin noem sy hy lyk definitief meer soos sy pa.
Simoné en haar man, André, is reeds die ouers van ’n dogtertjie, Harper. Volgens haar inskrywings het Harper daarin begin belangstel om foto’s te neem. Dus word die fase waardeur hulle gaan, volgens haar baie realisties uitgebeeld.
Oor James wat sy pa se ewebeeld is, het sy die volgende gesê: “While I have a minute, I just want to confirm what many of you are saying and probably thinking. Yes, I lost round two as well.”
Sy het vroeër aangekondig dat sy tussendeur doeke en bababottels in die regisseurstoel van die rolprent Die som van twee ingeskuif het. Die rolprent word later vanjaar vrygestel en is nog in die preproduksie-fase.
Bron: Simoné Pretorius Instagram-bladsy





