WES-KAAP. – Die liggaam van ‘n baba, 10 maande oud, is Donderdag omstreeks 14:00 in ‘n oop veld in Verdestraat, Steenberg, gekry. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die baba se dood vas te stel.
Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits ‘n vrou (33) is op aanklag van moord gearresteer.
Van Wyk sê die moordsaak sal vir ondersoek na Wynberg-GKS oorgeplaas word.