Baba van nege dae teruggevind, vrou in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Baba wat Saterdag by ‘n plaaslike winkelsentrum in Bellville ontvoer is, is Maandag deur die polisie in Honolulustraat, in Tafelsig, Mitchells Plain, opgespoor. ‘n Vrou (38) is op aanklag van ontvoering in hegtenis geneem.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits verskeie eenhede het onverpoos gewerk om die baba terug te vind nadat die ontvoering aangemeld is. Die ma van die baba het in die winkelsentrum naar geword en die kind in die sorg van ’n vrou wat saam met haar was, gelaat toe sy badkamer toe is.

By haar terugkeer kon die moeder nie die vrou of haar baba opspoor nie. Sy het dit by die Bellville-polisiekantoor aangemeld. Te danke aan die deeglike ondersoek en analitiese hantering van die beskikbare inligting, het die span op die adres toegeslaan waar die baba gevind en die verdagte op aanklag van ontvoering in hegtenis geneem is.

Sodra aangekla, sal die verdagte na verwagting in die Bellville-landdroshof voorkom.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief