Baba vroeg langs pad gebore

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Babadogter van ‘n jong ma (19) is Sondagoggend met die hulp van reaksiebeamptes langs Irelandstraat, in die Verulam-sakegebied, vroeggebore.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê dié diens is net ná 07:00 ontbied nadat die saak aan die eenheid geraporteer is. Rusa het die vrou aangetref waar sy aan die kant van die pad gesit het. Die baba is, voete eerste, die wêreld in gehelp. Die baba en ma is daarna na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Rusa sê die jong ma was omtrent 32 weke swanger.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief