VK. – Grace het einde Februarie geboorte aan Amy Isabel gegee, nadat haar suster Amy haar baarmoeder aan haar geskenk het. Baba Amy Isabel het haar naam van haar tannie en Isabel Quiroga, ‘n dokter wat by die oorplanting betrokke was, gekry.
Die Queen Charlotte & Chelsea-hospitaal in Londen het Dinsdag in ‘n verklaring gesê die baba is einde Februarie met ‘n keisersnit gebore en die ma, sowel as die baba, is gesond. Hierdie is die eerste geboorte na ‘n baarmoederoorplanting in die Verenigde Koninkryk.
Grace is sonder ‘n funksionele baarmoeder gebore en kon nooit haar eie baba dra en geboorte gee nie en daarom het haar suster vroeg in 2023 haar baarmoeder vir ‘n eerste oorplanting van dié aard in die VK, aan haar geskenk.
Lees die volledige storie van Queen Charlotte & Chelsea Hospital op die webtuiste van NHS Imperial College Healthcare hier.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





