KWAZULU-NATAL. – ‘n Babaseun is vanoggend (Donderdag) in ‘n buitetoilet in Ethekwini gebore.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê dié diens is omstreeks 09:30 ontbied toe ‘n voetganger wat verby die huis gestap het, in kraam gegaan het. Die vrou, ‘n Malawiese burger, is na die toilet beduie. Vroulike reaksiebeamptes in die gebied is na die huis, waar die vrou gehelp is.
Rusa sê paramedici wat minute later opgedaag het, het die ma en gesonde babaseun na die Osindisweni-regeringshospitaal vervoer.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





