‘Baie vrae, min antwoorde’ – seun, nadat pa van plaas vermis raak

Lees ook :

Foto: Facebook

MPUMALANGA. – Ernst Rachmann (74), ‘n boer van Leslie naby Leandra, kon op sy verjaardag op 27 Oktober nie op die plaas waar hy gebore is, gevind word nie.

Christo Rachmann, Ernst se seun, sê aan Nuusflits hulle hoop is nou op die polisie se ondersoek om sy pa op te spoor. Volgens ‘n sosialemediaplasing is sy voertuig, sleutels en selfoon agtergelaat.

Ds. Christo Jooste sê ‘n grootskaalse soektog is geloods en die plaas is vanuit die lug en op die grond gefynkam, maar tot dusver is geen sukses bereik nie. Jooste vra voorbidding vir die familie in die onseker tyd.

Enigiemand wat weet waar Ernst Rachmann hom bevind, word gevra om na vore te kom. Daar word ook gevra die foto moet wyd gesirkuleer word, indien iemand hom dalk daaraan kan herken.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief