Bakkie beland na ‘poging tot kaping’ deur afdak

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder (33) van ‘n bakkie was na bewering Sondag amper die slagoffer van vermeende kapers. Tydens die vlugtog het die bakkie bo op ‘n motorafdak beland.

Reaction Unit South Africa sê twee reaksiebeamptes is omstreeks 15:50 na Missionlands om ‘n verdagte wit Isuzu-bakkie te ondersoek. Die bakkie is gevind waar hy in Missal Circle eers bo-op ‘n motorafdak beland het en toe daardeur is. Die bestuurder van die bakkie en die passasier (30), wat agt maande swanger is, het slegs geringe beserings opgedoen.

Na bewering het die bestuurder gestop om homself te verlig toe die verdagtes hom genader het in ‘n oënskynlike poging om hom te kaap. Die ongeluk het gebeur toe die bestuurder probeer vlug het.

Geen besonderhede van die verdagte voertuig, vuurwapens of beskrywing van die beweerde verdagtes kon verskaf word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief