Bakkie breek deur versperring en beland in Apiesrivier

Lees ook :

Foto's: Best Care Ambulansdienste en Colleen du Rand

Waarskuwing! Foto in berig kan sensitiewe lesers ontstel.

GAUTENG. – ‘n Bakkie het Sondag tydens ‘n ongeluk naby die Wonderboom Junction deur ‘n versperring gebreek en in die Apiesrivier beland.

Volgens Best Care Emergency Medical Services is een pasiënt op die toneel behandel en na ’n nabygeleë hospitaal vervoer. Die diens het gemaan padgebruikers moet padreëls nakom en veiligheidsgordels dra.

Coleen du Rand het in ‘n sosialemediaplasing gesê Shimon Theron is “okay” en dat sy bid dat hy vinnig huis toe sal gaan. “Dankie Liewe Jesus!!!! Shimon Theron is Okay. Jy’t My/Ons behoorlik maak skrik my Lief. Maar ek weet Liewe Jesus is om jou en ons bid dat jy vinng sal huis toe kom. Ek het jou lief met my hele hart.”

Best Care en Du Rand het foto’s van die voorval gedeel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief