KWAZULU-NATAL. – ‘n Bakkiebestuurder het gesterf en nog twee persone is beseer toe ‘n vragmotor en ‘n bakkie kort gelede op die N2 in Ballito gebots het.
Kelsey-Jae Meyrick, woordvoerder vir IPSS Medical Rescue, sê een van die verkeersbane is steeds toe en vertragings moet verwag word.
Twee insittendes van die vragmotor is ernstig beseer. Een is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer en daarna na ‘n fasiliteit vir verdere mediese behandeling vervoer. Die ander insittende is deur ‘n ander ambulans se personeel versorg.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.





