‘Bande is goedkoper as jou lewe’ – nóg ‘n ysterpenlokval

Lees ook :

Foto: Live Traffic

GAUTENG. – Nóg drie persone is Woensdagaand net na 23:00 op die N1 in ‘n noordelike rigting net na die Petroport aangerand en het slagoffers van ‘n ysterpenlokval (spiking) geword.

Live Traffic sê die slagoffers is aangerand en van hulle besittings beroof. Verdagtes het met selfone en sakke weggekom.

‘n Ambulans is vir die beseerde motoriste na die toneel ontbied. Die SAPD en metropolisie was op die toneel.

Live Traffic waarsku motoriste om nie te stop nie, maar aan te hou bestuur, al beweeg jy teen 10 km/h. Bande is goedkoper as jou lewe.

Motoriste word aangeraai om by die Live Traffic Channel en spiking-groepe op WhatsApp aan te sluit. Indien jy ‘n slagoffer van ‘n ysterpenlokval is, kan jy vir hulp vra en jou ligging aanstuur.

“Responders are awaiting to assist.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief