Bank deur tonnel besteel

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

Kyk foto’s

GAUTENG. – Diewe het gedurende die Paasnaweek toegang deur ‘n tonnel tot ‘n bank in Victoriastraat, Germiston, aan die Oos-Rand gekry en geld gesteel.

Kol. Mavela Masondo sê aan Nuusflits die polisie is op die uitkyk vir die verdagtes wat met ‘n onbekende bedrag geld weggekom het. Alles by die bank was nog Saterdag met sluitingstyd in orde. Die inbraak is Dinsdagoggend ontdek en is aan die polisie rapporteer.

Masondo bevestig ‘n saak van sake-inbraak word ondersoek. Deel van die ondersoek is om vas te stel hoe die verdagtes toegang tot die bank verkry het.

Volgens Yusuf Abramjee van Crime Watch is CCTV-kringtelevisiekameras en die alarm geaktiveer voordat slypmasjiene gebruik is om kluise oop te maak.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief