Bankbestuurder en kassiere vir ‘bedrog’ van R3,9 m. in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ’n Bankbestuurder en twee kassiere word daarvan beskuldig dat hulle in 2016 meer as R3,9 miljoen uit kliënte se rekeninge verduister het.

Lt.kol. Magonseni Nkosi, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die verdagtes het na bewering in Augustus 2016 ongemagtigde transaksies gedoen en hulself met R3 950 941 verryk. Gedurende 2017 is die verdagtes deur die Valke op aanklagte van bedrog, diefstal en oortreding van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad in Nelspruit in hegtenis geneem.

Bonginkosi Praise Khoza, een van die kassiere, het op 4 September skuld op al die aanklagte erken. Hy is skuldig bevind en sal op 13 November gevonnis word. Die ander twee verdagtes, Selby Khoza, ‘n beweerde bankbestuurder en Winny Mashaba, ’n kassier, hou vol dat hulle onskuldig is. Die twee se borgtog is verleng, waarna hulle saam met Khoza in die hof sal voorkom.

Genl.maj. Nico Gerber, provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, het die span geprys wat aan die saak gewerk het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief