KAAPSTAD, WES-KAAP. – Banyana Banyana se hoofafrigter, Des Ellis, ontvang Donderdag ’n eredoktorsgraad van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT).
Die eredoktorsgraad word aan haar gegee op grond van haar besondere prestasies as professionele sportpersoon en as afrigter van die nasionale vrouesokkerspan.
Ellis is een van 7 000 persone wat tydens die herfseremonies by die universiteit grade gaan ontvang.
Bronne: Sunday World, Unplayable

