BBP-beskermers verskyn in hof op aanklag van Michael Swanton se moord

Lees ook :

Foto: DA en Madibeng Munisipaliteit

GAUTENG. – Twee lyfwagte van die burgemeester van die Madibeng- plaaslike munisipaliteit het Maandag vlugtig op aanklagte van moord en regsverydeling in die Pretoria-landdroshof verskyn. Michael Swanton, ‘n lugmagsersant, is tydens die beweerde voorval doodgeskiet.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Thabang Eugene Sohole (41) en Michael Makampe (42) staan tereg in verband met ’n voorval wat na bewering op 28 Januarie omstreeks 20:00 plaasgevind het. Volgens die staat het die oorledene en sy vrou, albei lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), in Eskia Mphahlele-rylaan in Pretoria, in die rigting van die R80 gery toe hulle glo deur ’n donker BMW-sportnutsvoertuig met ‘n flitsende blou lig genader is.

Die egpaar het daarna op die R80 in die rigting van Mabopane gery, waar hulle glo gedwing is om langs die pad stil te hou. Die beskuldigdes het na bewering uit die voertuig geklim, een gewapen met ’n R5-geweer en die egpaar oor ’n vermiste agternommerplaat gevra. Volgens die staat het die oorledene die beamptes na die BMW gevolg om hulle identifikasie te verifieer en vas te stel of hulle wetlike mag gehad het om hom voor te keer. Hy is glo in die kop geskiet en is op die toneel dood.

Die twee beskuldigdes het hulself enkele ure later by die Hercules-polisiestasie oorgegee en beweer dat hulle slagoffers van ’n poging tot kaping was. Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 4 Februarie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief