WES-KAAP. – Die Bitou-munisipaliteit wag op ’n formele reaksie van die adjunkburgemeester, rdl. Nokuzola Kolwapi, ná bewerings dat sy op 21 Desember 2025 ’n vuurwapen in die openbaar buite Plettenbergbaai afgevuur het.
Volgens die munisipaliteit is die saak op 23 Januarie 2026 tydens ’n gewone raadsvergadering bespreek. Die Speaker van die Raad, rdl. Mavis Busakwe, het ’n skrywe aan Kolwapi gerig waarin sy van die bewerings in kennis gestel is en sewe dae gegun is om te reageer. Teen 1 Februarie was ’n reaksie, wat deur haar regsverteenwoordigers ingedien sal word, nog uitstaande.
’n Komitee sal tydens die volgende raadsvergadering aangestel word om die saak te ondersoek en aanbevelings aan die LUR vir Plaaslike Regering, Anton Bredell, voor te lê. Die munisipaliteit sê die aangeleentheid word binne die wetlike raamwerk hanteer, terwyl die SAPD en die Nasionale Vervolgingsgesag ook betrokke is.
Lees meer hier onder:






