Brekende Nuus
Afrikaans

Beeldmateriaal en foto’s van Jeffrey Epstein se eiland vrygestel

Beeldmateriaal en foto’s van Jeffrey Epstein se eiland vrygestel

fotokrediet: X
Beeldmateriaal en foto’s van Jeffrey Epstein se eiland vrygestel fotokrediet: X

VSA. – Die Demokrate van die Amerikaanse huisoorsigkomitee het foto’s en video’s van die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein se eiland vrygestel.

Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word

Die foto’s en video wys verskeie slaapkamers in die huis op die eiland, asook ‘n kamer met maskers op die muur en ‘n foon met name op die knoppies geskryf.

Die huisoorsigkomitee se Demokratiese leier, Robert Garcia, het gesê dit bied “’n versteurende kykie” in Epstein se wêreld en is vrygestel vir “openbare deursigtigheid”.

Dit volg nadat president Donald Trump die Epstein Files Transparency Act op 19 November geteken het wat die justisiedepartement dwing om alle dokumente, rekords en inligting aangaande die Jeffrey Epstein-saak vry te stel.

Bronne: BBC, Sky News, ABC, X

Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word