LIMPOPO. – R80 000 se beeste, waarvan sewe lewendig en drie dood, is Vrydag omstreeks 05:20 op die R71-pad in Mentz, in Mankweng teruggevind. ‘n Bakkie en sleepwa is deur die polisie gekonfiskeer.
Kol. Malesela Ledwaba sê twee verdagtes is vir die besit van vermoedelik gesteelde vee en wreedheid teenoor diere in hegtenis geneem.
‘n Lid van die Polokwane-veediefstaleenheid was onderweg werk toe, toe hy die wit Toyota-bakkie langs die pad opmerk. Die lid het die plaaslike polisie ontbied, waarna drie beeskarkasse en sewe lewendige beeste op die sleepwa ontdek is. Die verdagtes kon nie die besit van die gebrandmerkte beeste verduidelik nie en is in hegtenis geneem.
Ledwaba sê voorlopige ondersoek dui die beeste is moontlik van hul weiveld in Ga-Sekororo-woonbuurt gesteel. Die polisie se ondesoek duur voort.
“Hierdie beeste het ‘n nuwe handelsmerk gehad en is vir veilige bewaring na die skut in Polokwane geneem.”
Enigiemand wat beeste in die Mopani-distrik verloor het, word gevra om AO Simon Ramaoka by 082 778 9166 te bel.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Mankweng-landdroshof voorkom.