Begrafnispolis-betalings glo in bestuurder se persoonlike rekening inbetaal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Ponatsego Anna Ngwenya (45) van Soshanguve het glo kliënte van Roal Funerals se begrafnispolis-betalings in haar persoonlike bankrekening laat inbetaal, in plaas van in die maatskappy se rekening. Sy word van bedrog ten bedrae van meer as R500 000 aangekla en is op borg van R30 000 vrygelaat.

Volgens Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, word daar beweer dat Ngwenya die kliënte opdrag gegee het om betalings direk aan haar te maak. In sommige gevalle het sy na bewering self kontant by kliënte gaan invorder en beweer dat die maatskappy se betaalstelsel van lyn af was. Die saak het aan die lig gekom toe Royal Funerals agtergekom het dat verskeie polisse verval het. Toe die maatskappy sommge betrokke kliënte gekontak het, het hulle verneem dat betalings aan Ngwenya gemaak is en dat dit nooit die maatskappy bereik het nie. Sy is op 15 April in hegtenis geneem, nadat die saak by die polisie aangemeld en ondersoek is.

Ngwenya het op die aanklagte in die Pretoria-landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek tot 9 Junie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief