KAAPSTAD. – Die 2025-begrotingstoespraak wat gister sou plaasvind, is tot Maart uitgestel.
Lees ook: Werkloosheidsyfer daal in Suid-Afrika
Dit volg na meningsverskille tussen die partye wat deel vorm van die regering van nasionale eenheid (RNE) oor voorstelle in die begroting.
Die partye het saam besluit om die begrotingsrede uit te stel sodat sekere aspekte verder bespreek kan word.
Verskeie berigte het beweer die grootste knelpunt is die voorstel om BTW met 2% te verhoog.
President Cyril Ramaphosa het gesê die regering sal werk om ’n begroting op te stel wat vir almal werk.
Bronne: eNCA, SA News, BusinessTech
Lees ook: Werkloosheidsyfer daal in Suid-Afrika





