GAUTENG. – ‘n Man bejaarde man het Donderdag by ‘n kantoorgebou in die ooste van Pretoria 8 meter ver tot op ‘n sementblad geval, waarna sy hart ophou klop het.
VEMRU (Volunteer Emergency Medical Response Unit) is net na 11:00 vir hulp na die toneel ontbied. Die diens was steeds onderweg toe die man ‘n hartstilstand beleef het. KPR is deur omstanders toegepas. Nooddienste het oorgeneem met gevorderde lewensondersteunende resussitasie.
Na ongeveer 20 minute het die paramedici daarin geslaag om spontane terugkeer van sirkulasie (ROSC) te verseker en die pasiënt het weer ‘n sterk pols gehad. Hy is vir verdere mediese hulp, onder toesig van gevorderde lewensondersteunende sorg, na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.
VEMRU benadruk weereens kennis van KPR kan lewens red.
Emer-G-Med (Pty) Ltd , ER24 EMS (Pty) Ltd. , Pretoria Volunteer Emergency Services , en Brinant RTU is vir hulle hulp op die toneel bedank.





