Bejaarde boer op plaas vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Robert Stolz (78) is Woensdag 30 April omstreeks 17:15 met ‘n panga op die plaas Harteles, Stoffkraal, tussen Laersdrif en Roossenekal vermoor.

Kol. Malesela Ledwaba het die insident aan Nuusflits bevestig. Die boer is in sy huis aangeval waar hy alleen gebly het. Sy liggaam is eers Donderdagoggend deur ‘n familielid in ‘n plas bloed in die badkamer aangetref. Daar was ‘n lap in sy mond gedruk, hy is met draad vasgebind en het erge sigbare wonde aan sy voorkop gehad.

Ledwaba sê maj.genl. Samuel Manala, die waarnemende provinsiale kommissaris van Limpopo, het opdrag gegee dat die verdagte (s) in die moord aangekeer moet word.

Voorlopige ondersoek dui aan die oorlede boer se blou Chery-motorvoertuig is langs die R555- openbare pad, onderweg na Burgersfort, in die betrokke polisiëringsgebied opgemerk. Die voertuig is later verlate, ongeveer ses kilometer van die misdaadtoneel af gekry, waar dit omgeslaan het.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om sers Millicdent Mokgomogane by 076 614 0141 te bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief