Bejaarde boer vir ‘diefstal’ van R6 m. se elektrisiteit in hegtenis

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Bejaarde boer (80) is in hegtenis geneem nadat hy glo elektrisiteit onwettig gekoppel, versprei en aan gemeenskappe verkoop het wat op sy plaas in die Fochville-omgewing bly.

Brig. Athlenda Mathe sê die Natjoints-span, wat deur die polisie gelei is, is Dinsdag saam met Eskom en Johannesburg City Power na die plaas waar drie transformators, 119 elektrisiteit-meterbokse en elektriese kabels wat gebruik is om huishoudings te koppel, gekonfiskeer is.

Die bejaarde het Woensdag op ‘n aanklag van peuter met noodsaaklike infrastruktuur ter waarde van R90 000, diefstal van elektrisiteit ter waarde van R6 miljoen en diefstal van meterkaste ter waarde van R476 000 in die hof verskyn.

Die saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 11 Desember uitgestel.

Mathe sê dié Natjoints-struktuur monitor daagliks alle kragstasies en noodsaaklike infrastrukture deur die land. Dit sluit verskeie regeringsdepartemente in.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief