Bejaarde deur vermeende koperdief beseer

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (82) is Dinsdagoggend deur ‘n vermeende koperdief in Brookdale beseer toe hy met ‘n mes oor die kop gekap is.

KZN VIP Protection Services sê lede het op ‘n geaktiveerde alarm reageer. Met aankoms op die toneel is ‘n bejaarde man wat erg gebloei het, aangetref. Hy het ondersoek ingestel omdat daar nie water in sy krane was nie. Na bewering het ‘n verdagte koperpype buite teen die huismuur afgeruk.

Die bejaarde man kon die verdagte slegs gedeeltelik beskryf, waarna hy gedisoriënteerd geraak het. Hy is op die toneel gestabliliseer en na ‘n mediese fasiliteit geneem.

Die polisie is van die voorval ingelig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief