Bejaarde dood in plas bloed aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die liggaam van ‘n bejaarde vrou (86) is Saterdag half-nakend in Bultfontein in ‘n plas bloed aangetref. Die polisie is op soek na verdagtes wat vir die misdaad verantwoordelik is.

Kapt. Loraine Earle sê die polisie is omstreeks 11:00 na die misdaadtoneel ontbied. Die vrou het in die buitetoilet met verskeie steekwonde aan haar rug en nek gelê. Sy is op die toneel dood verklaar.

Earle sê die motief vir die moord is onbekend. Enigiemand met relevante inligting kan speur. sers. Thapelo Maleko by 082 301 2992 bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief