Bejaarde egpaar in parkeerterrein doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: Wilma Koster en SAPD

NOORDWES. – George (69) en Wilma Koster (66) is Saterdagmiddag in die parkeerterrein van die Platinum Square-winkelkompleks in Rustenburg doodgeskiet.

Kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die polisie is sedert die brutale moord op die bejaarde egpaar op soek na verdagtes wat in ‘n wit Kia Rio sonder nommerplate van die toneel weggery het. Voorlopige ondersoek dui aan ‘n konfrontasie het ontstaan, waarna die egpaar doodgeskiet is. Beide is op die toneel dood verklaar.

Volgens Myburgh word die oorsaak van die voorval ondersoek.

Enigiemand met relevante inligting om die verdagtes aan die pen te laat ry, word gevra om lt.kol. Mainganyo Nathaniël Phatsoane by 082 373 9571 of lt.kol. Patrick Murunwa by 082 772 599 te bel.

Genl.maj. Patrick Asaneng, die provinsiale polisiekommissaris, sê: ““Hierdie sinnelose oormaat van geweld wat gelei het tot die wrede moord op die bejaarde egpaar in helder daglig, kan en mag nie ongestraf bly nie. Ek doen ’n beroep op die oortreder(s) om na hul gewete te luister en hulle onmiddellik by die polisie aan te gee voordat hulle opgespoor word. Volgens die polisie word die oortreder(s) as gewapen en gevaarlik beskou. Ek herhaal – dié wat inligting het oor die verdagte(s), moet onmiddellik na vore kom met inligting wat sal help om hulle op te spoor en in hegtenis te neem. Hierdie versoek word spesifiek gerig aan die vriende en familielede van die verdagtes. Soos die gesegde lui: die wêreld sal nie vernietig word deur dié wat kwaad doen nie, maar deur dié wat ledig sit, toekyk en niks doen nie. Ek het opdrag gegee aan die speurders en die opsporingseenheid om nie te rus voordat die oortreders van hierdie gruwelmisdaad gevind is nie.”

Petro Nelly Truter het ‘n hartroerende boodskap op Facebook gedeel: “Rus sag by Jesus Voete Tannie Wilma en Oom Boetie. Gee vir Ouma asb. ‘n drukkie van ons almal af. Ons gaan julle mis. Ons harte is stukkend want ons verloor nie net ‘n Oom en ‘n Tannie nie, maar kinders het altwee hulle ouers verloor en ‘n broer en suster verloor, en ‘n ouma en oupa. Spesiaal aan Jacky, William Stanley Koster en Johan, George Koster en klein Abby mag julle vertroosting kry in hierdie moeilike tyd. En mag God die res van familie ook vertroosting gee in die tyd van hartseer. Ons is verpletterd oor hierdie nuus.”

George Koster het in kommentaar op die plasing gesê: “Dankie nig vir jou mooi woorde… Die is die moeilikste moeilike wat ek en my broer en suster en swaer ooit moet aanpak, ek wens die gevoel en leegte en seer niemand toe nie, ons as gesin het die beste ouers in die wêreld verloor, eenslag en as familie… ‘n oom, ‘n tannie, ‘n broer, ‘n suster en ouma en ergste ‘N MA EN PA….WAT ONS NET DIE BESTE GEGEE HET EN GELEER HET, DANKIE MAMMIE EN PAPPIE VIR ALS LOVE U.”

Die bestuur van die Platinum Square-winkelsentrum het Saterdag ‘n verklaring oor die voorval uitgereik:

Platinum Square Shopping Centre management confirms that an unfortunate incident involving armed suspects occurred on our premises earlier today. We understand the concern this has caused within our community and would like to assure the public that the matter is being thoroughly investigated by the South African Police Service (SAPS).

We are fully cooperating with SAPS as they work to identify and apprehend those responsible. The safety and security of our shoppers, tenants, and staff remains our highest priority, and we are taking all necessary steps to assist the authorities in their investigation.

We would also like to extend our sincere gratitude to the Platinum Square security personnel for their swift and brave response in attempting to apprehend the suspects. Their quick actions helped to contain the situation and protect those in the immediate vicinity.

We urge the public to remain calm and avoid speculation as the investigation is ongoing. Additional security measures have been put in place to ensure continued safety at the centre.

Further updates will be provided in due course.

Issued by: Management

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief