Bejaarde egpaar ná kerk op plaas aangeval – twee vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Bejaarde egpaar, onderskeidelik 81 en 78 jaar oud, is Sondag omstreeks 13:30 oorrompel en beroof nadat hulle van die kerk af na hulle plaas in die Smithfield-omgewing teruggekeer het. Twee verdagtes, 29 en 36 jaar, is binne ure in hegtenis geneem.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring nadat die bejaardes van ‘n kerkdiens teruggekeer het, is die vrou na die huis terwyl haar man alleen buite gebly het. Die vrou is by die kombuisdeur deur verdagtes oorrompel. Sy is aangerand, met messe gedreig en teruggedwing na waar haar man nog buite besig was. Albei bejaardes is hierna die huis ingedwing en met kabelbinders vasgebind. Die huis is geplunder en die verdagtes het selfone, kontant en juweliersware gebuit en die man gedwing om ’n geldoorplasing te maak.

Hy is daarna deur die verdagtes in sy eie voertuig ingedwing, waarna hulle het met hom weggery het. Hy is later in die oprit van die plaas gekry, nadat die verdagtes in die gesteelde voertuig gevlug het. Plaaslike boere is gebel en het die polisie ontbied. Met die polisie wat vinnig reageer het, is die verdagtes kort ná die voorval, onderweg na Bethulie, in hegtenis geneem. Kontant en die gesteelde voertuig is herwin.

Earle beklemtoon dit is die spoedige, gekoördineerde reaksie deur lede van die polisie, private veiligheidsmaatskappye en naburige boere wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes gelei het. Lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale kommissaris, het die provinsiale eenheid vir ernstige en gewelddadige misdaad opdrag gegee om die ondersoek te lei. Forensiese deskundiges het reeds die toneel vir leidrade gefynkam. Die verdagtes bly in aanhouding en word deur aanklagte van huisroof met verswarende omstandighede, diefstal van ’n motorvoertuig en besit van vermeende gesteelde eiendom in die gesig gestaar. Die polisie se ondersoek duur voort.

Genl. Motswenyane het haar waardering uitgespreek teenoor die boere, private veiligheidsmaatskappye en polisie, wat vinnig opgetree het: “Die samewerking tussen die gemeenskap, ons landelike veiligheidsvennote en polisie het verseker dat hierdie verdagtes voor sononder van die strate verwyder is. Dit is ’n voorbeeld van geïntegreerde landelike veiligheid.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief