Bejaarde glo na kaping in rivier gegooi

Lees ook :

Foto: IPSS Search & Rescue

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n man (71), wat vermoedelik die moordslagoffer na ‘n kaping in die ILembe-gebied was, is gekry nadat dit in die Mvotirivier gegooi is.

IPSS Search & Rescue sê Maphumulo-polisie het verdagtes vir die insident na ‘n ondersoek gearresteer. Lede van Umhlali SAPD K9, Durban-polisie en IPSS se soek-en-reddingseenhede het drie dae lank met behulp van hommeltuie, honde en ander toerusting na die liggaam gesoek.

Woensdagaand het die verdagtes glo die plek in die rivier uitgewys waar die oorledene se liggaam ingegooi is. Die soekspanne kon dus Donderdagoggend terugkeer en die polisiehond K-9 Zeus kon ‘n area uitwys nadat 4 km in die rivier afgelê is, waar die man se liggaam gekry is.

Nog 2 km moes stroomaf in die rivier afgelê word sodat die liggaam aan die plaaslike polisie oorhandig kon word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief