Bejaarde ma vermoor, dogter kritiek ná keel gesny is

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Ma (in haar 80’s) is Maandagaand in haar huis in Hexham, Phoenix vermoor. Haar dogter (60) se keel is afgesny en sy is in ‘n kritieke toestand aangetref.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n plasing op Facebook die ma en dogter is in hul huis aangeval. Die dogter se man het by die huis aangekom. Die deur was gesluit en hy kon nie sy vrou of ma se aandag trek nie. Hy het “ingebreek” – en het hulle in plasse bloed in die gang aangetref. Die man het om hulp geroep, waarna Rusa se operasionele sentrum verskeie oproepe gekry het.

Dié diens het om 18:45 op die toneel aangekom. Die ma het verskeie steekwonde aan haar gesig en lyf gehad en is op die toneel dood verklaar. Die dogter het steekwonde aan haar gesig, nek en hande gehad, haar nek was oopgesny en sy het hewig gebloei. Sy is op die toneel gestabiliseer en na ‘n hospitaal vervoer.

Luidens Rusa se plasing is ‘n groot slagtersmes in die gang aangetref en ‘n kleiner mes is ook gevind waarvan die lem blykbaar in die aanval gebuig het.

Die beseerde vrou se seun kon nie opgespoor word nie.

‘n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief