Bejaarde man aangeval

Lees ook :

Foto: Facebook en Gail Strydom

NOORDWES. – John Mostert is Vrydagoggend deur verdagtes aangeval toe hy in sy motor wou klim. Die voorval het in Mooinooi naby Raasbekkies Kleuterskool plaasgevind, waar hy woon.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Nuusflits bevestig. Die slagoffer is na bewering aangeval en het beserings opgedoen toe hy met ‘n mes gesteek en van sy beursie beroof is. ‘n Saak van roof is geregistreer en alhoewel die ondersoek voortduur, is nog geen inhegtenisnemings gemaak nie.

Jacques Broodryk, woordvoerder van AfriForum se gemeenskapsveiligheid, het in ‘n sosialemediaplasing gesê Mostert is weens sy beserings in die hospitaal opgeneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief