Bejaarde man en tienermeisie sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Man (61) en ‘n tienermeisie (16) het vandag (Donderdag) in ‘n ongeluk tussen ‘n vragmotor en ligte motorvoertuig op die N1 buite Richmond gesterf. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

‘n Vrou (58) en ‘n seun (10), asook die vragmotorbestuurder (53), is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand na De Aar-hospitaal vervoer.

Sers. Timothy Sam sê voorlopige ondersoek dui aan die vragmotor het van Hanover/Richmond se rigting gery. Die vragmotorbestuurder het glo gesien hoe die ligte motorvoertuig uit sy baan swenk voor dit met die aankomende vragmotor gebots het.

Sam vra motoriste om padverkeersreëls te gehoorsaam, waaksaam te bly en nie moeg te bestuur of hulle aandag te laat aftrek nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief