Bejaarde man probeer glo vrou vermoor, neem eie lewe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Bejaarde man (75) was Vrydagaand omstreeks 23:00 in ‘n gewelddadige huishoudelike insident betrokke, waartydens hy glo sy huis aan die brand gesteek en op sy vrou geskiet het. Sy kon ongedeerd wegkom, maar die man het homself na bewering doodgeskiet.

Kol. Malesela Ledwaba sê die oorledene het na bewering in die Malgale-woonbuurt na ‘n man in ‘n bakkie gesoek van wie hy glo stene gekoop het. Die man in sy bakkie is deur die oorledene in die straat aangetref. Die oorledene het die slagoffer glo sonder om ‘n woord te sê in die bolyf geskiet, waarna die slagoffer daarin geslaag het om na die naaste hospitaal te ry.

By sy eie huis het die oorledene ‘n vlambare vloeistof oor sy huis uitgegooi en dit aan die brand gesteek. Hy het sy slapende vrou in ‘n ander kamer gaan wakker maak en beveel om saam met hom die brandende huis in te gaan. Sy het weggehardloop, waartydens die oorledene verskeie skote na haar geskiet het. Sy is nie getref nie. Die oorledene het homself later op die toneel geskiet, waar hy dood verklaar is.

Ledwaba sê die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen. Die ondersoek duur voort.

“Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat enige geslagsgebaseerde, geldelike of gewelddadige aangeleenthede in gesinsverband ervaar, om hulp van ‘n professionele persoon te bekom.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief