GAUTENG. – ‘n Man (86) het Sondagaand kort voor 21:00 gesterf toe hy besig was om ‘n band langs die N1 in ‘n suidelike rigting naby Zambesi-rylaan (Sefako Makghato-rylaan) te ruil en deur ‘n verbygaande voertuig teen ‘n hoë snelheid getref is.
Pretoria Volunteer Medical Services (PVES) sê noodpersoneel van verskeie dienste het hulle na die toneel gehaas. Die bejaarde man het ernstige beserings opgedoen. Paramedici het intensiewe lewensreddende behandeling toegepas en hom gestabiliseer voordat sy toestand versleg het. Hy is daarna geïntubeer en kardiopulmonêre resussitasie (KPR) is begin. Ondanks volgehoue pogings om sy lewe te red, is hy op die toneel dood verklaar.
PVES het die dienste wat op die toneel teenwoordig was, insluitend Netcare911 en Gauteng Emergency Medical Services, wat gesorg het dat ‘n span hoogopgeleide mediese nooddienspersoneel na die pasiënt omsien, bedank. IER Integrated Emergency Respons en Ecomed Medical is vir spanwerk saam met die ander dienste bedank.
Tshwane-metropolisie en die polisie was op die toneel teenwoordig. PVES het hul medelye teenoor die oorledene se naasbestaandes uitgespreek.






3 Responses
I have to say, q5bet is pretty solid. I like the user interface, and the overall experience is pretty smooth. Not too much clutter or fancy stuff, just straightforward gaming, give it a try at q5bet
Heard good things about lucky888pkr, giving it a shot! Hope the games are as smooth as they say. Let’s see if Lady Luck is on my side today. Fingers crossed for some winning combos! Check it out here lucky888pkr
Gonna try my luck over at lucky96. Looks promising! Hoping for some decent payouts and a lag-free experience. Anyone else had any good wins there? Worth a punt I reckon. Give it a whirl at lucky96