Bejaarde op plaas in been geskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Bejaarde man (74) is Sondagaand omstreeks 19:00 op die Gwatyu-plaas buite Cofimvaba oorval en in sy been geskiet terwyl hy vee bymekaargemaak het.

Kapt. Namhla Mdleleni sê ‘n soektog is na die verdagtes geloods.

Na bewering was die bejaarde besig met vee toe vier gewapende mans sy erf binnegegaan en geld geëis het. Die verdagtes het toe die huis betree en ‘n televisie gesteel. Onderweg uit het hulle die bejaarde in sy been geskiet en in ‘n silwerkleurige Suzuki-voertuig van die toneel gevlug. Die bejaarde slaoffer is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Bridge Camp-polisie ondersoek sake van poging tot moord en roof.

Enigiemand met inligting word versoek om speur.sers. Vuyani Pitole by 082 441 9184 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief