VSA. – ’n SkyWest-vlug van Omaha op pad na Detroit moes gister ’n noodlanding in Iowa maak nadat ’n moeilike passasier die nooddeur tydens die vlug probeer oopmaak het. Hy het met ’n lugbeampte baklei wat hom probeer keer het.
Lees ook: Minstens 180 mense dood in Pakistan ná monsoon
Die passasier, Mario Nikprelaj (23), is in hegtenis geneem toe die vliegtuig land en word aangekla van onder andere aanranding, die besit van voorskrifmedisyne en wanordelike gedrag. Hy kan verder aangekla word soos die ondersoek voortduur.
Die vliegtuig het later sy vlug hervat en het veilig by die bestemming aangekom.
Bronne: The Independent, ABC News, Omaha WOWT





