Bejaarde skiet en wond roofverdagte

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde inwoner (69) van Tongaat het Dinsdagmiddag ‘n Malawiese burger (27) tydens ‘n beweerde roof by ‘n algemene handelaar in Maidstone in die bors geskiet.

Reaction Unit South African sê die bejaarde het by die winkel aangekom waar hy gesien het hoe drie mans met vuurwapens glo die plek beroof. Die bejaarde het sy vuurwapen uitgehaal en een van die verdagtes in die bors geskiet. Die verdagte het sy vuurwapen op die plek laat val en met gesteelde kontant en selfone van die toneel gevlug.

Reaksiebeamptes het omstreeks 17:20 opgedaag en gesien die verdagte se vuurwapen is ‘n replika. Die beamptes is daarna na die Tongaat-kliniek waar hulle ingelig is ‘n man met ‘n skietwond is deur insittendes van ‘n wit Ford Bantam-bakkie buite die kliniek gelos.

Tydens ondervraging het die gewonde man eers vertel hy is self beroof, maar het later erken hy en makkers het die winkel beroof. Hy het nie verder inligting gegee nie.

Die verdagte is bewaak totdat Tongaat-polisielede opgedaag het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief